Ontwykende Vaalrivier-krokodil verras gesin tydens hengeluitstappie
Dit is al bykans ’n maand wat ’n Wes-Afrikaanse smalbekkrokodil inwoners langs die Vaalrivier in rep en roer het. Dié krokodil het tot dusver daarin geslaag om selfs Suid-Afrika se eie Crocodile Dundee se vanghokke te ontduik, berig die Parys Gazette. …